Ice Carstens

Ice Carstens is ‘n onafhanklike publicist wat met menigte bekende plaaslike kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Taxi Violence en vele meer gewerk het in die tyd toe sy werksaam was by LK Media Book en Suuki Music. Sy het onder andere PR werk gedoen vir R.A.M. Fest, Up the Creek, en Endless Days.
Ons gesels oor hoe sysound engineering gaan swot het om nader aan die musiek industrie te beweeg; by Mercury Live begin werk het en later saam met Liny Kruger van LK Media Book begin werk het. Ons probeer sin maak van aspekte van die plaaslike musiek scene en Ice vertel ons hoe uiters moeilik, dog vervullend band PR kan wees. Sy deel ook ‘n horror storie met ons oor wat kan gebeur met festivals en PR werk.