Ben Breda Ludik

Ben Breda Ludik werk al vir meer as tien jaar by die universiteit van Stellenbosch se studio. Hy vertel hoe hy in die diepkant in gegooi is met dirigensie, hoe hy sy tande geslyp het as dj by Mystics in Stellenbosch en hierdeur ‘n interessante leefstyl vir ‘n rukkie gehad het, op die pad tot musiek skryf. Hy gesels geesdriftig oor ou analogue gear in die studio met cool stories, verder vertel hy van opwindende verwikkellinge by die Universiteit se studio en raak interessanthede kwyt oor musiek, audio, lewe en nog wat.