Frazer Barry
Frazer Georgio Barry is die hoofsanger en kitaarspeler van Tribal Echo – sy talente strek veel verder as kitaar speel en sing. Sy voete is ook in die teater wêreld en dus gesels ons ook oor die kontroversiëele Crotoa film wat besig is om in ‘n teaterstuk vervat te word. Ons leer van talle innoverende dinge waarmee Frazer besig is soos onder andere die maak van blik instrumente en die simboliek daarvan. Ons praat oor sy uiters moeilike verlede en wat dit kan beteken om ‘n jong man te wees in die vroë 90’s wat deur die lang heersende ideologie van Apartheid as ‘n bruin Suid-Afrikaner geklassifiseer was.