Andre Skywalker

Andre-skywalker van der Merwe is ‘n freelance bassist wat veral, maar nie alleenlik nie, die Blues-rock scene aan die brand speel. Hy werk en het al saam met mense gewerk soos Crimsonhouse, Ann Jangle, Aidan Martin, Basson Laubscher, Slow Jack en Bam Bam Brown. Hy gesels oor die freelance game en hoe ‘n mens jou datums kan book om seker te maak jy kry die regte jobs, die belangrikheid van networking, sy dae as werknemer by Killcity Blues en Marshall Music. Ons praat oor die highs van gigs en hoe die party kan moeilikheid maak. Ons chat ook oor sy mal ervaring om met Aidan Martin se album, Refugee onder ‘n internasionale producer te werk, wat al met onder andere Led Zepplin gewerk het. Andre is ‘n ou wat seker maak die jam gebeur en dit kan ‘n mens maar huis toe vat.
Tunes Live kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai en gestream word en is beskikbaar op iTunes.