Louis Awerbuck

Louis Awerbuck speel gereeld harmonica vir Gert Vlok Nel asook Die Wasgoedlyn. Hy het al saam met kunstenaars soos Bacchus Nel, die legendariese Piet Botha en vele meer opgetree. Louis bevind homself in die interessante ewewig van ‘n ywerige musiek ondersteuner sowel as speler. Ons vind uit dat hierdie seldsame, dog eerbare balans tussen die twee van kardinale belang vir ons uiters eiesoortige musiekindustrie is. Louis is ‘n kliniese sielkundige wat ‘n privaat praktyk in Stellenbosch bedryf. Ons gesels ook ‘n bietjie oor sy werk met die prestasievermoë van sportlui, in die polisiediens en howe, alhoewel sy loopbaan in die sielkunder veel wyer strek as bloot dit. Hy vertel ons ook van die groot oomblikke toe hy vir Willie Nelson ontmoet het en dit uit gedraai het as veel meer as net ‘n handdruk en ‘n foto.