Schalk van der Merwe

Schalk van der Merwe is ‘n legendariese freelance bassist wat met name
soos Karin Zoid, Bed on Bricks, Gerald Clark, Delta Blu, Billy Goat en
vele meer geassosieer word.  Schalk en drie ander venote sit agter die
onlangse gelanseerde, BandwithPro aanlyn musiek leer en interaktiewe
platvorm.  Hierdie is ‘n uiters eiesoortige inisiatief waar ‘n mens
aanlyn sessies kan bespreek met onder andere Valiant Swart, Tim
Rankin, Darren Petersen, Basson Laubscher, Simon Orange, Henry Steel,
Shaun Johannes en vele meer.  Dit is super eenvoudig om in te teken en
hierdie aanlyn platvorm is toeganklik vir beginner, intermediêre en
professionele musikante.
Tunes Live is beskikbaar op www.tunesstudio.co.za en kan vanaf iTunes
afgelaai word.