Stefan Steyn

Stefan Steyn speel kitaar vir onder andere Steyn de Wet, Ozzy Mars en Woltemade. Hy is ‘n nomadiese kitaar onderwyser in die sin dat hy lesse by sy studente se huise aanbied. Ons gesels oor groot word in Namibië, guitar tech wedervaringe in Engeland waar hy met bands soos onder andere Him en Dragon Force gewerk het, asook tye in Pretoria se Music Mate waar hy kunstenaars soos Theuns Jordaan en Dozie se kitare gediens het. Stefan het vir legendariese groep, Crimson house ook vantevore kitaar gespeel en hy was destyds in black metal band Mjollinr.
Tunes live is beskikbaar op iTunes en kan vanaf www.tunesstudio.co.za geluister en afgelaai word.