Jaco Goosen

Jaco Goosen is die takbestuurder van Paul Bothner, Stellenbosch en ‘n musikant wat al diep spore in die industrie getrap het. Hy was die bas kitaarspeler in Killing Strings, Terrarist en meer onlangs vir Riaan Nieuwenhuis & The Collaborator Tour. Ons gesels oor endorsements en hoe musikante dit verkry; hoe funksioneer en hoe het die samewerking tussen Tunes Studio en Paul Bothner begin; snaakse dinge waarvoor mense in die winkel soms vra en verdermeer leer ons dat Jaco een van min mense is wat al in bands was met twee verskillende blinde drummers.