Schalk van der Merwe

Schalk van der Merwe is ‘n legendariese freelance bassist wat met name soos Karin Zoid, Bed on Bricks, Gerald Clark, Delta Blu, Billy Goat en vele meer geassosieer word.  Schalk en drie ander venote sit agter die onlangse gelanseerde, BandwithPro aanlyn musiek leer en interaktiewe platvorm.  Hierdie is ‘n uiters eiesoortige inisiatief waar ‘n mens aanlyn sessies kan bespreek met onder andere Valiant Swart, Tim Rankin, Darren Petersen, Basson Laubscher, Simon Orange, Henry Steel, Shaun Johannes en vele meer.  Dit is super eenvoudig om in te teken en hierdie aanlyn platvorm is toeganklik vir beginner, intermediêre en professionele musikante. Tunes Live is beskikbaar op www.tunesstudio.co.za en kan vanaf iTunes afgelaai word.