DIVERSITEIT ALBUM Read the press release here:

Press release on Diversiteit album
Diversiteit album debuts in a time of desperation and division to bring us the message of unity. Tunes Studio proudly presents this one of a kind compilation album, DIVERSITEIT (Diversity) in collaboration with some of our country’s finest artists and wordsmiths across a multitude of different genres as diverse as the album’s title implies. […]
TUNES STUDIO Podcast's and music services


Schalk Maas
Schalk Maas is een van die kitaarspelers, asook die hoof song writer
van die legendariese Afrikaanse rockgroep, Skallabrak. Ons gesels oor
sy liefde vir stories en hoe hy en Hendrik Brakwater ‘n gedugte span
gevorm het vanweë ondermeer hul gedeelde plattelandse agtergrond. Ons
leer dat daar agter die meeste Skallabrak songs, merkwaardige stories
en verhale staan, maar dat sommige songs van die groep ook gelei het
na cool stories soos Groetnis (Awe), wat die kroeg-totsiens-liedjie
van Potch kampus geword het. Ons ondersoek ‘n paar songs wat
Skallabrak oor die jare gecover het van kunstenaars soos Petronel
Baard, Valiant Swart en Koos Kombuis; praat oor vorige groeplede soos
onder andere, Logan Scott; bespreek die interessante Worcester
verbintenis van die groeplede en ondersoek die album opnames van die
band meer in diepte.

Deon du Toit deel 2
Deon du Toit het vir ‘n tweede keer ‘n virtuele kuiertjie met Tunes
Live ingepas. In die deel van ons gesprek, gesels ons oor Country
guitar tones, recording filosofieë, die maak van die Skallabrak albums
Hond se gedagtes en Op Hitte en interessante partytjie kaskenades. Ons
kom ook meer te hore oor Toxic Speed Circus, ‘n band wat Deon saam met
Willem Prinsloo en Neil Ford vir ‘n tydjie gehad het. Deon vertel ons
ook hoe hy uit pure plattelandse nederigheid per ongeluk vir Goerge
van Dyk wat Jabulani geskryf het laat verstaan het dat hy wat Deon is
nie geïnteresseerd is om saam met George te werk nie, heellaas was dit
glad nie Deon se bedoeling gewees nie.

Deon du Toit
Deon du Toit is die guitarist van Skallabrak. Hy was ook die
voorsanger van die groep, Toxic Shame wat wyd verspreide nasionale
erkening in die vroë 2000’s gekry het met ondermeer hul treffer,
Silent Movie. Ons gesels oor die spanning wat kan ontstaan tussen ‘n
writing en ‘n live projek, televisie verskynings op die Kasper Rasper
show sowel as Rock Concert 3, record labels en die Holiday In scene in
die laat 80’s. Deon se aansluiting by Skallabrak was interessant in
die sin dat hul op soek was na ‘n rhythm section en dit wel gekry het,
maar tesame met ‘n briljante kitaarspeler. Ons gesels oor die rol wat
Deon gespeel het as producer op Skallabrak se laaste twee albums, ‘n
gig by Paarl rugby club en ander rock n roll trivia.

Stefan Steyn deel 2
Deel ii van ‘n gesprek met Stefan Steyn. Stefan Steyn is ‘n kitaar- leerkrag sowel as speler vir kunstenaars en groepe soos onder andere Woltemade, Ozzy Mars en Steyn de Wet. Sy wedervaringe was te omvangryk om dit in een gesprek vas te pen en dus kom maak hy vir ‘n tweede keer ‘n draai op Tunes Live. Hy vertel ons in meer diepte van sy werksaamheid by die Londen Historia en hoe hy sy lewe op die spel geplaas het vir die konsertgangers se welstand; sy dae in Sunnyside en die venues en metal bands van daardie tyd en ons gesels verder oor sy bande met die groep, Dragon Force. Tunes Live is beskikbaar op iTunes en kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai en geluister word.
- Jeandré Pikkie Swanepoel
- Frazer Barry
- Haydn van Rheede
- Willim Welsyn
- Dean Coche and Kent Farmer
- Ben Breda Ludik
- Gustav Franzsen
- Heinrich Wesson
- Basson Laubscher
- Richard Pryor
- Jorik Pienaar
- Southern Wild
- Jaco Goosen
- Hezron Chetty
- Werner von Waltsleben
- Mark Ellis
- Thomas Theron
- Lucas Swart
- Riku Latti
- The Tazers
- Talita Beyl
- Rory Skinner
- Riaan Nieuwenhuis
- Durge
- Chris Kreef
- Temple Yeti
- Churchil Naudé
- Donovan Tose pt. 2
- Donovan Tose
- Luke Smith
- Ethan Florus
- Schalk van der Merwe
- James Lombard
- Andre Skywalker
- Rossouw Wentzel
- Wouter Reyneke
- Justin Versfeld
- Dr. Stephanie Vos
- Tim Lengfeld






