Uncle Spike
Uncle Spike is ‘n band wat ontstaan het in Wilgenhof Universiteits koshuis op Stellenbosch. Ons gesels oor wat dit vir ‘n jong band kan beteken om in ‘n koshuis te operate en hoe hul voorsanger, Francois van Wyk se song “hou my vas” ‘n Ser kompetisie gewen het. Ons chat oor hul DIY ywer en hoe hul gepoog het om hul debuut album self op te neem en hoe laasgenoemde hul baie gehelp het om ‘n goeie produksie voort te sit toe hul saam met bekwame producer, Ben Ludik begin werk het. Ons gesels verder oor interessante inspirasies vanuit verskeie oorde vir die songs op hul debuut album, I in the Sky, sokkie jol gigs en wat mense te wagte kan wees van hul opkomende EP wat by Tunes Studio opgeneem is onder die medewerking van Ben Ludik.