Gustav Franzsen

Gustav Franzsen is aan die stuur van Acorn Acoustic Sessions en lewer sodoende ‘n reuse bydrae tot die ontwikkelling van die Stellenbosse en omliggende musiek toneel.  Hy speel bas kitaar vir Slow Boat en Dead Pan Alley en was deel van Odd Dogs en Die Widzenbergies.  Ons gesels oor hoe die regte omstandighede en gesonde druk ‘n musikant tot groter hoogtes kan neem.  Hy vertel ons hoe ‘n lid van, destydse rock legends, Mccully Workshop hom gehelp het om sy eerste kitaar uit te kies; hoe hy wat Gustav is ‘n judge was in die kompetisie wat Bertie van Zinkplaat gewen en gereël het en dat dit legitiem was;  hoe acorn acoustic sessions ontstaan het en nog vele meer.  Tunes live is beskikbaar op iTunes en kan ook af gelaai word vanaf Tunes Studio se website.