Stefan Steyn deel 2

Deel ii van ‘n gesprek met Stefan Steyn.  Stefan Steyn is ‘n kitaar-
leerkrag sowel as speler vir kunstenaars en groepe soos onder andere
Woltemade, Ozzy Mars en Steyn de Wet.  Sy wedervaringe was te
omvangryk om dit in een gesprek vas te pen en dus kom maak hy vir ‘n
tweede keer ‘n draai op Tunes Live.  Hy vertel ons in meer diepte van
sy werksaamheid by die Londen Historia en hoe hy sy lewe op die spel
geplaas het vir die konsertgangers se welstand;  sy dae in Sunnyside
en die venues en metal bands van daardie tyd en ons gesels verder oor
sy bande met die groep, Dragon Force.
Tunes Live is beskikbaar op iTunes en kan vanaf www.tunesstudio.co.za
afgelaai en geluister word.