Schalk Maas

Schalk Maas is een van die kitaarspelers, asook die hoof song writer
van die legendariese Afrikaanse rockgroep, Skallabrak. Ons gesels oor
sy liefde vir stories en hoe hy en Hendrik Brakwater ‘n gedugte span
gevorm het vanweë ondermeer hul gedeelde plattelandse agtergrond. Ons
leer dat daar agter die meeste Skallabrak songs, merkwaardige stories
en verhale staan, maar dat sommige songs van die groep ook gelei het
na cool stories soos Groetnis (Awe), wat die kroeg-totsiens-liedjie
van Potch kampus geword het. Ons ondersoek ‘n paar songs wat
Skallabrak oor die jare gecover het van kunstenaars soos Petronel
Baard, Valiant Swart en Koos Kombuis;  praat oor vorige groeplede soos
onder andere, Logan Scott; bespreek die interessante Worcester
verbintenis van die groeplede en ondersoek die album opnames van die
band meer in diepte.