Churchil Naudé

Churchil Naudé is ‘n rymkletser van Mitchels Plain en sy tweede album, Kroesified is in Januarie 2019 vrygestel.  Ons gesels oor hoe dit gebeur het dat hy musiek van David Kramer, Jean Beukes, Gramadoelas en ander kon gebruik het vir sy album.  Churchil vertel van die oomblik toe die owerhede besef het hy is in die “verkeerde skool”;  hoe sy pad met Riku Lätti gekruis het en hoe hulle te werk gaan om saam musiek te skryf.  Hy praat ook oor die inhoud van sy woorde en waar die inspirasie vir sommige van sy temas vandaan kom.  Kroesified is beskikbaar op meeste aanlyn platvorms soos Google play, Spottify, iTunes ens. Tunes Live kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai word en is ook beskikbaar op iTunes.