Rossouw Wentzel

Rossouw Wentzel speel kitaar in die band, Sunset Sweatshop.  Hierdie ouens het met harde werk en ‘n deeglike strategie in ‘n relatiewe kort tydjie baie vermag as ‘n band.  Hul debuut album, Chasing Gold is deur Coleske Artists uitgereik en daar het reeds twee musiekvideo’s verskyn van hul singles “move it” en “come along”.  Ons chat oor hoe die band ‘n elektroniese aanslag tot hul musiek kombineer met rock klanke, die rol wat die producer gespeel het op hul album, die skryf van songs, interessante en groot shows wat hul al gespeel het soos onder andere Sokkie is Groot in Pretoria en meer. Tunes Live is beskikbaar op iTunes en kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai word.