Luke Smith

Luke Smith is die keyboard player in Light & Shade en deesdae jol hy
ook saam met Duke Duke in ‘n projek genaamd Groove Digger.  Musiek is
so diep in Luke in gegrafeer dat hy nie regtig ‘n helder herinnering
kan oproep van wanneer sy musieksaadjie ontkiem het nie.  Luke vertel
ons van sy wedervaringe in Sjina, mense wat nie by hul woord kan hou
nie, kerk stories en hoe sy musiekloopbaan basies tot en met 2016
slegs in die kerk uitgespeel het.  Hierdie man is uitnemend in nie
alleen keyboard speel nie, maar ook drums, bass guitar, guitar en
viool en hy tree as tromspeler op in ‘n kersproduksie hierdie
Desember.