DIVERSITEIT ALBUM Read the press release here:
TUNES STUDIO Podcast's and music services

Schalk van der Merwe
Schalk van der Merwe is ‘n legendariese freelance bassist wat met name soos Karin Zoid, Bed on Bricks, Gerald Clark, Delta Blu, Billy Goat en vele meer geassosieer word. Schalk en drie ander venote sit agter die onlangse gelanseerde, BandwithPro aanlyn musiek leer en interaktiewe platvorm. Hierdie is ‘n uiters eiesoortige inisiatief waar ‘n mens aanlyn sessies kan bespreek met onder andere Valiant Swart, Tim Rankin, Darren Petersen, Basson Laubscher, Simon Orange, Henry Steel, Shaun Johannes en vele meer. Dit is super eenvoudig om in te teken en hierdie aanlyn platvorm is toeganklik vir beginner, intermediêre en professionele musikante. Tunes Live is beskikbaar op www.tunesstudio.co.za en kan vanaf iTunes afgelaai word.
James Lombard
James Lombard is ‘n aktiewe freelance drummer wat onder andere werk doen vir Pieter Toerien Productions. Hy het drums gespeel in West Side Story, Funny Girl en Evita. James het met hierdie interessante beroep oorsee getoer. Hier op Suid-Afrikaanse bodem speel hy vir Betsy Beers, Ethan Floris, DURGE en meer. Hy was vantevore werksaam met Bianca Wood en Swing Collective om ‘n paar te noem. Ons gesels oor sy blootstelling aan Jazz toe hy vir twee jaar in Princeton High School in Amerika was, classical percussion en natuurlik sy oorsese avonture as ‘n drummer in ‘n toerende musical.
Andre Skywalker
Andre-skywalker van der Merwe is ‘n freelance bassist wat veral, maar nie alleenlik nie, die Blues-rock scene aan die brand speel. Hy werk en het al saam met mense gewerk soos Crimson house, Ann Jangle, Aidan Martin, Basson Laubscher, Slow Jack en Bam Bam Brown. Hy gesels oor die freelance game en hoe ‘n mens jou datums kan book om seker te maak jy kry die regte jobs, die belangrikheid van networking, sy dae as werknemer by Killcity Blues en Marshall Music. Ons praat oor die highs van gigs en hoe die party kan moeilikheid maak. Ons chat ook oor sy mal ervaring om met Aidan Martin se album, Refugee onder ‘n internasionale producer te werk, wat al met onder andere Led Zepplin gewerk het. Andre is ‘n ou wat seker maak die jam gebeur en dit kan ‘n mens maar huis toe vat.
Tunes Live kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai en gestream word en is beskikbaar op iTunes.
Rossouw Wentzel
Rossouw Wentzel speel kitaar in die band, Sunset Sweatshop. Hierdie ouens het met harde werk en ‘n deeglike strategie in ‘n relatiewe kort tydjie baie vermag as ‘n band. Hul debuut album, Chasing Gold is deur Coleske Artists uitgereik en daar het reeds twee musiekvideo’s verskyn van hul singles “move it” en “come along”. Ons chat oor hoe die band ‘n elektroniese aanslag tot hul musiek kombineer met rock klanke, die rol wat die producer gespeel het op hul album, die skryf van songs, interessante en groot shows wat hul al gespeel het soos onder andere Sokkie is Groot in Pretoria en meer. Tunes Live is beskikbaar op iTunes en kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai word.
- Jeandré Pikkie Swanepoel
- Frazer Barry
- Haydn van Rheede
- Willim Welsyn
- Dean Coche and Kent Farmer
- Ben Breda Ludik
- Gustav Franzsen
- Heinrich Wesson
- Basson Laubscher
- Richard Pryor
- Jorik Pienaar
- Southern Wild
- Jaco Goosen
- Hezron Chetty
- Werner von Waltsleben
- Mark Ellis
- Thomas Theron
- Lucas Swart
- Riku Latti
- The Tazers
- Talita Beyl
- Rory Skinner
- Riaan Nieuwenhuis
- Durge
- Chris Kreef
- Temple Yeti
- Churchil Naudé
- Donovan Tose pt. 2
- Donovan Tose
- Luke Smith
- Ethan Florus
- Schalk van der Merwe
- James Lombard
- Andre Skywalker
- Rossouw Wentzel
- Wouter Reyneke
- Justin Versfeld
- Dr. Stephanie Vos
- Tim Lengfeld






