Matt Carstens
Marius Matt Carstens het op ‘n baie vroë ouderdom vir hom ‘n gig basis opgebou wat van hom ‘n onafhanklike en voltydse musikant maak. Hy het reeds Europa getoer, ‘n collab met Francois van Coke gedoen en die Ini Bos musiekfees kompetisie gewen. Ons gesels bietjie oor hoe hierdie dinge gebeur het, waar Matt vandaan kom, hoe kleiner dorpies ‘n rol kan speel in ‘n mens se musiek ontwikkelling en meer. Tunes Live is beskikbaar op iTunes en kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai word.