Riku Latti

Riku Lätti is onder die vergrootglasbril op die vyfde aflewering van Tunes Live. Tunes Live is ‘n klomp geselsies wat Tunes Studio met plaaslike musikante en industrie rolspelers voer. Die doel is om jonger musikante te leer omtrent die ins en outs van die musiekindustrie; plaaslike musiek te bemark en mense te hore laat kom van Tunes Studio. Riku gesels oor track listing op albums, die Afrikaanse musiekindustrie, Die Wasgoedlyn, royalties en vele meer.