The Tazers

The Tazers is ‘n psych rock band van Johannesburg wat besig is om waves te maak op die plaaslike scene met hul energieke en afgeronde shows. Hulle het in hierdie jaar onder andere Oppikoppi, Lush Festival, Mieliepop en Endless Days festival gespeel Ons praat oor hoe hul van hierdie feeste geland het en hoe dit is om ‘n band self te manage. Ons fokus op hoe belangrik dit is om betrokke te raak en om die scene te help bou en nie net te konsentreer op jou eie projek of belange nie.