Jorik Pienaar

Jorik Pienaar het drums gespeel in die hard rock reus van die 90’s, Not My Dog.  Deesdae speel hy vir onder andere Blues Broers, Guy Collins, Albert Frost, asook sy eie nuwe projek, Wisdom of Movement waarvan hy ons in hierdie episode vertel.  Jorrie gesels oor Not my Dog toere in Europa, sy ontmoeting en groot word jare saam met die van der Walts van Wolmer, hoe Oom Hein (die van der Walt pa) sy lewe gered het en hoe Rodney Ceal se dogter in ‘n Not my Dog musiek video beland het. Tunes Live is beskikbaar op iTunes. Hierdie episode word geborg deur Zildjian South Africa. Wen ‘n Zildjian geskenkpak deur om ‘n e-pos aan info@tunesstudio.co.za te stuur met die nommer van jou gunstelling Tunes Live episode en hoekom so.