Basson Laubscher

Basson Laubscher is ‘n legendariese kitaarspeler van Stellenbosch wat vir Valiant Swart, Blues Broers, Zinkplaat en Ann Jangle en sy eie projek, The Violent Free Piece speel.  Ons gesels oor hoe belangrik dit is om betrokke te raak by ‘n diversiteit van jams om te groei as musikant;  hoe Zinkplaat gevorm het;  Jurgen von Wechtmar en Sunset Studio;  die op en af kurwes van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf;  dat hy my gespot het by Onnerikoppi Paarl Boys High battle of the bands – 8 jaar voordat ons ontmoet het;  hoe moeilik dit is om fisiese albums in Suid-Afrika vry te stel as ‘n onafhanklike musikant, kitare en ‘n hele lys ander semi filosofiese gesprekke.