Willim Welsyn

Willim Welsyn se WAT podcast is die inspirasie vir Tunes live en hy het onlangs ‘n ATKV mediaveertjie gewen vir Beste Aanbieder en Onderhoudvoerder in ‘n Joernaalprogram.  Ons gesels oor sy sewe studio albums en hoe die produksies van die albums verskil het. Willim Welsyn en die Sunrise Toffies se album Kompos en Kraai is vanjaar tien jaar oud en die album is na jare weer aanlyn beskikbaar en dus kry ek bietjie sy insigte oor streaming en downloading en dit wat daarmee gepaard gaan.  Sy album Blitz Kriek was hierdie jaar genomineer vir beste rock album en ek vra uit oor sy ervarings met toekenning seremonies en daar dop ‘n absurde staaltjie uit. Tunes Live is beskikbaar op iTunes en kan van www.tunesstudio.co.za afgelaai word.

Foto deur VETMAN DESIGN and PHOTOGRAPHY.