Wouter Reyneke

Wouter Reyneke is die hoof van die fakulteit van COPA in Kaapstad, asook ‘n baie talentvolle bassist wie se vryskut resïmé kunstenaars soos Albert Frost, Mel Botes, Beeskraal, Albert Myntjies, Pedro Barbosa en The Betsie Beers, om ‘n paar te noem, insluit. Ons gesels oor die strukturering van kursusse by Campus of Performing Arts; sy jazz studies by die Tswane Universiteit van Tegnologie; die jazz scene; wedding gigs en veel meer. Tunes Live is beskikbaar op iTunes en kan vanaf www.tunesstudio.co.za afgelaai word.