Luke Smith
Luke Smith is die keyboard player in Light & Shade en deesdae jol hy ook saam met Duke Duke in ‘n projek genaamd Groove Digger. Musiek is so diep in Luke in gegrafeer dat hy nie regtig ‘n helder herinnering kan oproep van wanneer sy musieksaadjie ontkiem het nie. Luke vertel ons van sy wedervaringe in Sjina, mense wat nie by hul woord kan hou nie, kerk stories en hoe sy musiekloopbaan basies tot en met 2016 slegs in die kerk uitgespeel het. Hierdie man is uitnemend in nie alleen keyboard speel nie, maar ook drums, bass guitar, guitar en viool en hy tree as tromspeler op in ‘n kersproduksie hierdie Desember.