Deon du Toit
Deon du Toit is die guitarist van Skallabrak. Hy was ook die
voorsanger van die groep, Toxic Shame wat wyd verspreide nasionale
erkening in die vroë 2000’s gekry het met ondermeer hul treffer,
Silent Movie. Ons gesels oor die spanning wat kan ontstaan tussen ‘n
writing en ‘n live projek, televisie verskynings op die Kasper Rasper
show sowel as Rock Concert 3, record labels en die Holiday In scene in
die laat 80’s. Deon se aansluiting by Skallabrak was interessant in
die sin dat hul op soek was na ‘n rhythm section en dit wel gekry het,
maar tesame met ‘n briljante kitaarspeler. Ons gesels oor die rol wat
Deon gespeel het as producer op Skallabrak se laaste twee albums, ‘n
gig by Paarl rugby club en ander rock n roll trivia.