Deon du Toit deel 2

Deon du Toit het vir ‘n tweede keer ‘n virtuele kuiertjie met Tunes
Live ingepas. In die deel van ons gesprek, gesels ons oor Country
guitar tones, recording filosofieë, die maak van die Skallabrak albums
Hond se gedagtes en Op Hitte en interessante partytjie kaskenades. Ons
kom ook meer te hore oor Toxic Speed Circus, ‘n band wat Deon saam met
Willem Prinsloo en Neil Ford vir ‘n tydjie gehad het. Deon vertel ons
ook hoe hy uit pure plattelandse nederigheid per ongeluk vir Goerge
van Dyk wat Jabulani geskryf het laat verstaan het dat hy wat Deon is
nie geïnteresseerd is om saam met George te werk nie, heellaas was dit
glad nie Deon se bedoeling gewees nie.