Dr. Stephanie Vos

Dr Stephanie Vos is die projekleier van IF POP (Interdisciplinary Forum for Popular Music).  IF POP het ‘n reeks van vyf Jazz Conversation konserte aangebied as onder andere ‘n medium om ‘n brug te bou tussen akademiese dissiplines en die publiek se begrip daarvan. Stephanie het B.Mus gestudeer met klavier as hoof instrument en Alt Viool as tweede instrument en haar Honeurs in klavier uitvoering voltooi.  In haar nagraadse studies het sy daarop begin fokus om haarself as ‘n musikoloog te bekwaam.  Sy het haar doktorale tesis voltooi met plaaslike Jazz musikante van die 1960’s in ballingskap, as fokuspunt.  Besoek gerus Africa Open Institute for Music Research and Innovation om meer te wete te kom aangaande IF POP en vele meer.